Local NewsNews

‘Ek het my lam geskrik toe Andries skreeu’

Dit was 'n benoude oomblik vir Andries Swart toe hy vroeg Woensdagoggend terugkeer van die werk en die huis se veiligheidshek en voordeur oop vind en besef daar is ingebreek.

MOKOPANE – Volgens Andries wat in Kameeldoringpark woon, het hy ongeveer 05:00 van die werk afgekom. “Ek het om die huis beweeg na die voordeur en gevind die veiligheidshek is nie op knip nie en die voordeur staan oop. Ek het dadelik besef daar is ingebreek omdat die honde die vorige nag onrustig was.”

Volgens Andries het hy na sy vrou Lucinda geroep en dit het heeltyd deur sy kop geflits of sy en die kinders veilig is.

Lucina sê: “Ek het my lam geskrik toe Andries skreeu en na die sitkamer gehardloop. Andries het vir my gesê die veiligheidshek en voordeur was oop. Ons het deur die huis geloop en gevind ‘n venster in die sitkamer is gebreek ons is nog nie seker wat alles gesteel is nie maar wat ons agter kon kom is rekenaartoebehore en ‘n laptop gesteel.” Die polisie was later op die toneel en beweer die verdagtes wou eers die elektroniese toebehore deur die venster steel, maar toe hulle dit nie reg kry het hulle die deure oopgebreek.”

Volgens Lucinda het hulle paar keer deur die nag wakker geword van hulle honde wat blaf en onrustig is. Lucinda sê: “Ek en Andries het elke keer opgestaan en ondersoek gaan instel maar niks verdag opgemerk nie. Andries is teen 04:00 uitgeroep deur sy werk, ek het hom by die agterdeur afgesien. Ek is terug kamer toe waar ek was tot hy so uur later teruggekeer het.

“Die polisie was binne vyf minute op die toneel en baie behulpsaam. Vingerafdrukke is by die eetkamervenster en by die twee kinders se slaapkamervensters gevind.

“Ons is nie seker wanneer hulle in die huis was nie. Ek word skoon benoud as ek dink die verdagtes het ons moontlik dopgehou en was moontlik in die huis toe Andries uitgeroep was en ek en die kinders alleen was. Dit kon soveel erger gewees het, ek dank die Here dat Hy ons veilig gehou het.”

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button