NewsSchool sportSchoolsSport

PLS bulletjies gekies vir Bloubulle

Twee leerders van Laerskool Pietersburg (PLS) het hul skool se naam hooggehou en is verkies tot die o/12-Bloubulspan.

POLOKWANE – Deuan Gobey en Jason Hugo gaan hul skool en Polokwane later in die jaar verteenwoordig wanneer hulle vir die o/12-Bloubulspan teen ander spanne van verskeie provinsies speel.

Deuan Gobey van PLS is gekies om slot te speel vir die o/12-Boulbulspan.

Deuan vertel dat hy al sedert gr. R rugby speel en in die posisie van flank begin het en het later slot en agtsteman gespeel. Hy gaan ook nou slot vir die Bloubulle speel.

“Eendag as ek die Springbokspan haal sal ek graag wil slot speel, en as ek aftree, wil ek ‘n argitek wees,” vertel hy.

Wanneer hy nie rugby speel nie is sy stokperdjies hokkie, krieket en selfs skaak maar hy vertel dat hy glo hy is beter in rugby as in enigiets anders.

Jason Hugo van PLS is gekies om buite-senter te speel vir die o/12-Boulbulspan.

Jason vertel hy speel al rugby vandat hy vyf jaar oud is. Hy speel buitesenter en hoop om eendag internasionale rugby te speel.

Hy vertel dat om goed te wees in dié sport moet jy gereeld oefen om fiks te bly en te kan konsentreer op jou spel.

“Dis vir my ‘n baie groot eer om vir die span gekies te word en ek is eintlik nog geskok as ek daaraan dink.

“Ek het nooit gedink ek sal dié span haal nie,” vertel hy.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button