Local NewsNews

Mazda spog nou op die bosveld se paaie

'n Nuwe generasie eko-vriendelike enjins is Saterdag vir die eerste keer in Mokopane bekendgestel tydens Mazda se openingsdag.

MOKOPANE – Toekomstige motorkopers kan uitsien na laebrandstofverbruik en hoër kraguitset te danke aan Mazda se unieke SkyActiv-tegnologie.

Nie net is hierdie motors groen nie, maar ook iets vir die oog met Mazda se nuwe Kodo Soul of Motion ontwerpbeleid.

Mokopane kan uitsien na ‘n wye reeks motors insluitend die 2015 Japanese kar van die jaar, Mazda2, asook die wêreldwye motorontwerp van die jaar wenner, die Mazda MX-5.

Die pas bekendgestelde sportsnuts, die CX-5, is Mazda se huidige topverkoper en hierdie nuwe handelaar beoog om talle hiervan op Mokopane se paaie te sit.

Hierdie pragsportsnuts, die CX-5, is Mazda SA se topverkoper.

Flip Kempen, Mokopane Takbestuurder, sê die plaaslike behoefte vir ‘n Mazda handelaar is raakgesien deur BB Auto.

Kempen meen Mazda-eienaars reis gewoonlik na Polokwane indien hul motor gediens moet word of nuwe parte verlang word.

“Ons hoop vir die beste in Mokopane wat verkope aanbetref, want ons beoog om sowat 20 na 25 motors per maand aan nuwe eienaars te oorhandig.”

Sowat drie tot vier jaar gelede het Ford en Mazda wêreldwyd geskei en sedertdien werk Mazda hard om hulle eie identiteit te skep.

Die nuwe onafhanklike Mazda motors word grootliks deur motorfoendies geprys en hierdie plaaslike handelaar nooi alle belangstellendes na hul vloere op die hoek van Thabo Mbeki- en De Klerkstraat.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button