Honde soek tuistes

Die Percy Fyfe DBV het praghonde wat 'n veilige en liefdevolle hawe soek.

MOKOPANE – ‘n Volledige Deense hondegesin, die teef (Lily), reun (Gandalf) en hul vier pragtige babas in verskillende kleure, soek ‘n eienaar. Die twee ouers is sowat ‘n jaar en ‘n half oud en word gesien as jong honde aangesien die honde ‘n lewensverwagting van tot agt jaar het. Die honde kan saam as gesin aangeneem word of apart.

Nog ‘n oulike Basset-kruising soek ook ‘n huis. Die twee sussies, Flopsy en Curls, moet verkieslik saam aangeneem word. Flopsy het ongelukkig net drie bene nadat haar linker voorbeen geamputeer moes word nadat ‘n ander hond haar aangeval het.

Die koste met aannemings beloop R650 wat sterilisasie, inentings en ontwurming insluit. Vir meer inligting kan die DBV by (015) 491 3661 gekontak word.

Die DBV bedank al die borge en hulp vanaf die gemeenskap om die diere te versorg en vra ook vir donasies soos komberse, beddegoed, speelgoed, kos vir die honde, katte, donkies en beeste.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version