NewsSchools

EQ4kids Polokwane se deure nou oop

Die EQ4Kids-program bestaan uit buitemuurse aktiwiteite wat by die skool plaasvind, instappies by die skool, werkwinkels vir ouers en onderwysers en produkte soos boeke.

POLOKWANE – Rolspelers in kinders se lewens, soos ouers en onderwysers het op Dinsdag, 6 Junie bymekaargekom om meer te leer oor emosionele intelligensie tydens die amptelike bekendstelling van EQ4Kids Polokwane.

EQ4Kids Polokwane se konsessiehouer is Marise van Wyk, wat reeds sedert Januarie werksaam is by Laerskool Pietersburg-Oos en Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum.

“‘n Hoër emosionele intelligensie help kinders om groepsdruk en boelies beter te hanteer. Volgens navorsing toon kinders met ‘n hoë emosionele intelligensie beter gedragsbestuur, fokus makliker, het die vermoë om hulself te kalmeer en met ander oor die weg te kom.”

Die EQ4Kids-program bestaan uit buitemuurse aktiwiteite wat by die skool plaasvind, instappies by die skool, werkwinkels vir ouers en onderwysers en produkte soos boeke.

Lynette Beer vertel meer van die verskillende temeramente.

Tydens die funksie was Lynette Beer, een van die ontwikkelaars van EQ4Kids, aan die woord om te verduidelik hoe’n mens beter verhoudings kan bou as jy weet watter temperament jy het en watter temperamente die ander mense met wie jy in aanraking kom, het.

“‘n Mens moet ‘n gebalanseerde temperament hê. Sodoende kan jy beter kommunikeer. Jy moet jouself afvra wie is ek en wie is jy, voordat jy met iemand begin praat. Jy kan slegs verander van die binnekant af.”

De Beer het aan die gehoor vertel van die vier temperamente en die verskille aan elk gekoppel.

EQ4Kids hanteer onderwerpe soos om gevoelens beter te verstaan, goeie houding, selfliefde en hoe om konflik te hanteer.

Kinders kry ‘n brief aan die ouers waarin verduidelik word wat in ‘n bepaalde periode behandel is en hoe ouers dit kan toepas en vaslê by die huis.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button