Local NewsNews

Mode-meisie maak ‘n verskil

Met groot drome om ander te help het Tamryn Terblanche besluit om haar natuurlike skoonheid te gebruik om hierdie doelwitte te bewaarheid.

POLOKWANE – “Ek skryf nie vir skoonheids-kompetisies in om te wen nie, ek skryf in om ‘n verskil in ander se lewens te maak,” vertel die 17-jarige skoonheid.

Sy is onlangs as die tweede prinses in die Miss Limpopo South 2017-kompetisie gekroon en hoop dié titel gaan haar nog ‘n stap nader aan haar doelwitte bring.

“Ek het verlede jaar in die top vyf gedurende die Miss Limpopo Teen-kompetisie geëindig en hoop om vanjaar beter te vaar. Met my onlangse titel as tweede prinses beplan ek om ‘n verskil in die lewens van die kinders in die Pietersburg Provinsiale Hospitaal se Tough Living with Cancer (TLC)-saal te maak,” sê sy.

Sy en twee vriende, Ivan Almeida en Wiets Roux, het vir die kinders gaan kuier en hulle lekker met soetgoed bederf. “Ivan en Wiets het die saal verken en gekyk waar hulle ‘n verskil kan maak. Een van die suksesse sover is dat ons ‘n borg van drie TV-stelle en ‘n DVD-speler ontvang het asook muurkaarte waarmee die kinders kan leer. Ons beplan om nog opknappings in die saal te doen soos om tafels en stoele te maak waar die kinders rustig kan sit en eet sowel as om die beddens op te knap,” verduidelik Tamryn.

Hierdie is nie haar eerste opknappingsprojek nie en sy beoog om op ‘n maandelikse basis ‘n verskil in die gemeenskap te maak. Sy het verlede jaar ‘n beurs ter waarde van R24 000 by iCollege gewen met die Miss Limpopo-kompetisie, dié beurs het sy aan iemand wat dit beter as sy kon gebruik, geskenk.

“Ons het ‘n minderbevoorregte leerder geïdentifiseer deur sy wilskrag om ‘n blink toekoms vir homself te baan.

“Ons mikpunt is om mense in die gemeenskap by ons projekte betrokke te maak want elke bietjie maak ‘n verskil in iemand se lewe. ‘n Borgskap wat ons nou broodnodig het is ‘n borg vir boumateriaal sodat ons 30 mense in nood kan help. Ek wil deur my dade, ander jong meisies inspireer om by hulle gemeenskap betrokke te raak en ‘n verskil in behoeftige mense se lewens te maak. Ek sê baie dankie aan Louis Hammond vir sy hulp en ondersteuning met ons projekte, ons waardeer dit opreg.

 

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button