Nog ‘n operasie vir Jason Fourie

Jason Fourie moes weereens 'n operasie ondergaan verlede Vrydag om aan sy een long te werk.

POLOKWANE – Jason Fourie, wat na die George Mukhari Hospitaal oorgeplaas is deur sy ma Carol nadat hy volgens haar nie goed behandel is in die Pietersburg Provinsial Hospitaal nie, moes weereens ‘n operasie ondergaan verlede Vrydag om aan sy een long te werk.

Jason is vanuit die FH Odendaal Hospitaal na die Pietersburg Provinsiale Hospitaal oorgeplaas nadat ‘n dreineringspyp deur sy borskas en sy long en maag gesteek is nadat sy longe platgeval het.

Lees meer: Ma dreig met hof na hospitaal faal

Hy moes bykans twee weke wag om geopereer te word in Polokwane en ‘n tweede operasie is ook nie gedoen op die dag waarop dit sou gedoen word nie.

Die maagsure wat gelek het, het infeksie veroorsaak en dit is blykbaar nie aanvanklik skoongemaak nie.

Sy ma het toe gereël dat hy na die George Mukhari Hospitaal in Garankuwa oorgeplaas word waar hy geopereer is. Jason, wat nou uit die intensiewesorgeenheid is maar steeds in die hospitaal, sê dat hy nog seer het na Vrydag se operasie aan sy long, maar dat hy baie beter voel.

Hy weet egter nog glad nie wanneer hy huistoe sal kan gaan nie en vat dit maar dag vir dag.

Terugvoer vanaf die Department van Gesondheid wat gesê het dat hulle die slegte behandeling wat Jason gekry het, sal ondersoek, word steeds is nie ontvang nie.

nelie@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version