Local NewsNewsUpdate

Baba Mia: ‘Hulp bly instroom van regoor die land’

Baba Mia le Grange is steeds in die neonatale intensiewesorgeenheid by Limpopo Mediclinic, maar volgens die hospitaal tel sy gewig op en gaan dit steeds goed met haar.

POLOKWANE – Mia is op 8 Mei op 26 weke gebore in Mankweng Hospitaal.

Kort na haar geboorte met behulp van die gemeenskap is daar genoeg geld ingesamel om haar oor te plaas na Limpopo Mediclinic waar sy versorg word.

“Sy is steeds op ‘n ventilator en haar suurstof inname is vanaf 25% verhoog na 50%. Sy het steeds infeksie in haar longe en kry antibiotika daarvoor.

Lees meer: ‘Ek het nooit gedink mense kan so saamstaan nie’, sê baba Mia se ma

Haar hemoglobienvlakke het egter geval en sy moes ook ‘n bloedoortapping ontvang,” vertel Istha McMillan, Limpopo Mediclinic se kliëntediensbestuurder.

Mia se knie het nou pleister om wat help om dit terug te druk en reguit te hou.

Sy kry die nodige behandeling en ‘n operasie is nie nodig nie.

Lees meer: Hulp bly instroom vir baba Mia

Mia se ma, Christelle Swanepoel, mag nou meer tyd saam met haar spandeer in die hospitaal, en sy vertel dat sy steeds vir haar lees.

Daar is reeds baie geld, van regoor die land, ingesamel vir Mia, maar daar is steeds geld nodig vir mediese uitgawes.

Bankbesonderhede:

Child Medi Organisation.

FNB Tjekrekening.

Rekeningnommer: 626 325 810 56.

Takkode: 250655.

Swift-kode: firnzajj.

Verwysing: Baba Mia.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button