Kunstenaar van formaat, Brunie Hunt sterf

‘n Kunstenaar van Polokwane, Brunhilde (Brunie) Hunt, is Maandag in die ouderdom van 80 jaar en een maand oorlede. Sy en haar man, Peter de Villiers (87), was 58 jaar getroud en het hulle in 2001 vanaf Bloemfontein in Polo­kwane gevestig. Benewens haar man, word Brunie oorleef deur haar twee kinders, Ian de Villiers Hunt …

‘n Kunstenaar van Polokwane, Brunhilde (Brunie) Hunt, is Maandag in die ouderdom van 80 jaar en een maand oorlede. Sy en haar man, Peter de Villiers (87), was 58 jaar getroud en het hulle in 2001 vanaf Bloemfontein in Polo­kwane gevestig.
Benewens haar man, word Brunie oorleef deur haar twee kinders, Ian de Villiers Hunt van Perth, en Kathryn van Schalkwyk, bekende kunstenaar van Polokwane.
Brunie was ‘n kranige kunstenaar wat klasse by Kathryn geneem het en deel was van die gereelde uitstallings deur Kathryn se ateljee. Van Brunie se werk sal by haar herinneringsdiens uitgestal word.
Sy was gedurende 2006 voorsitter van die Waterverfvereniging van Suid-Afrika se Polo­kwanetak. Haar man, kinders, skoonseun en kleindogters beskryf die geweldige leemte wat haar dood laat in hulle lewens: “Vir 80 jaar het sy vir ons gebid en ons lewens verryk. Sy was ‘n rots van geloof en die spil van ons lewens.”
Haar kleindogter, Cherí, skryf op sosiale media: “Ouma, ek het my groen oë by jou gekry. Jy het my geleer swem en boomklim. Jy was nooit bang vir avontuur nie – selfs saam met my ge- ‘treetop swing’ en twee jaar terug op Kersfees nog ‘n bommie in die swembad gemaak. Jy is my hero!” Brunie se herrineringsdiens sal môre (Vrydag) om 11:00 vanuit die NG Kerk Pietersburg-Oos in Betzstraat gehou word.

Storie: WILLIE ESTERHUYSEN
>>willie.e@mwebbiz.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version