Local NewsNews

‘Hamermonster’ steek prokureur in die pad

David Mamvura, ook bekend as die sogenaam­de hamermonster, se verhoor sal in Oktober in die Limpopo Hooggeregshof voortgesit word nadat hy sy regsverteenwoordiger tydens Dinsdag se verskyning afgedank het. Die Nasionale Vervolgingsgesag se kommunikasiebestuurder in Limpopo, Mashudu Malabi-Dzhangi, het bevestig dat die Zimbabwiese aangeklaagde se verhoor vandeesweek sou begin, maar dat dit uitgestel moes word …

David Mamvura, ook bekend as die sogenaam­de hamermonster, se verhoor sal in Oktober in die Limpopo Hooggeregshof voortgesit word nadat hy sy regsverteenwoordiger tydens Dinsdag se verskyning afgedank het.
Die Nasionale Vervolgingsgesag se kommunikasiebestuurder in Limpopo, Mashudu Malabi-Dzhangi, het bevestig dat die Zimbabwiese aangeklaagde se verhoor vandeesweek sou begin, maar dat dit uitgestel moes word nadat sy regsverteenwoordiger in die pad gesteek is.
Mamvura staan 14 aanklagte van verkrag­ting, tien van huisbraak met die doel om te verkrag, tien van roof met verswarende omstandighede asook seksuele aanranding in die gesig. Hy het na bewering sy modus operandi in 2010 in Rissik-, Devenish, Bodenstein- en Pleinstraat begin en is ook met verskeie sake in Eduanpark en Bendor verbind waar hy onder meer ingebreek, mense met ‘n hamer aangeval en vrouens verkrag het, volgens Malabi-Dzhangi.
Sy sê Mamvura se verkragtingslagoffers is tussen 14 en 75 jaar oud en in meeste gevalle met ‘n hamer, skroewedraaier, mes of ysterstaaf gedreig voordat hulle verkrag is. Sommige van sy beweerde slagoffers het hy glo op straat oorval en na afgeleë gebiede gesleep. Tydens die huisbrake het hy glo verskeie televisies, skootrekenaars en selfone gebuit. Hy is in Junie 2015 vir ‘n tweede keer deur die polisie aangekeer nadat hy vroeër op borgtog vrygelaat is en sy borgvoorwaardes verbreek het.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button