Local NewsNewsUpdate

‘Ek het nooit gedink mense kan so saamstaan nie’, sê baba Mia se ma

Mia 'een waarvan jy gedroom het' is op 8 Mei, 14 weke te vroeg in Mankweng Hospitaal gebore.

Die naam Mia beteken: ‘Een waarvan jy gedroom het’. Dié naam is gepas vir klein Mia, want na twee miskrame is sy ‘n droom wat waar geword het vir ma, Chantelle Swanepoel en pa, Louis le Grange, Mia se ouers.

“Ek is net ‘n ma wat die beste vir haar kind wil hê, ek vra nie vir baie nie, net dat mense asseblief vir Mia moet bid,” so vertel, Christelle met trane in haar oë.

Mia is op 8 Mei, 14 weke te vroeg in Mankweng Hospitaal gebore. Hier, volgens Christelle was die omstandighede walglik en ‘n vriendin het haar vertel van Child Medi Organisation, ‘n organisasie sonder winsbejag wat kinders help met mediese onkoste.

Lees meer: [LUISTER] Baba Mia se ma vertel hoe dit met haar gaan

“Ek was tevrede met wat ek gekry het by Mankweng Hospitaal. Ek het geweet ek kan nie beter bekostig nie. Toe my vriendin vir my van dié organisasie vertel het, het ek gedink “wie sal my nou wil help”, maar binne ‘n paar uur het hulle vir Mia so baie geld ingesamel.”

Die geld wat deur die gemeenskap in die rekening by Child Medi Organisation betaal is, is as deposito neergesit by Mediclinic Limpopo waarheen Mia op Woensdagmiddag oorgeplaas is.

“Ek was in trane toe Amor Schoeman van Child Medi Organisation my kontak om te sê dat die R100 000 ingesamel is. Ek kon dit nie glo nie. Ek het die Mankweng Hospitaal personeel die volgende oggend ingelig dat Mia oorgeplaas gaan word. ER24 se nooddienspersoneel het haar Woensdagmiddag na Mediclinic Limpopo vervoer. Ek is ongelooflik dankbaar teenoor die span van ER24.”

Sy vertel verder dat Mia se been nie gebreek is nie, maar wel uit lid is en dat die dokters die been twee keer ‘n dag reguit spalk. Volgens Christelle verminder dit die kans op ‘n operasie.

“Ek is elke dag van 08:00 tot 14:00 by die hospitaal en dan weer in die aand saam met Louis. Ek lees gedurig vir haar en dit gaan regtig goed met haar.”

“Die hulp wat ons van die gemeenskap af ontvang het, verstom my. “Ek het nooit gedink mense kan so saamstaan nie. Ek waardeer alles wat almal vir ons doen.”

Volgens Amore is daar reeds R240 000 ingesamel en oorbetaal aan Mediclinic Limpopo. “Maar dit is net genoeg tot Dinsdag.”

Daar word nog baie geld benodig om die mediese onkostes te dek.

Bankbesonderhede:

Child Medi Organisation.

FNB Tjekrekening.

Rekeningnommer: 626 325 810 56.

Takkode: 250655.

Swift-kode: firnzajj.

Verwysing: Baba Mia.

maretha@nmgroup.co.za

 

Related Articles

Back to top button