Polisie takel vuurwapenmisdaad in Limpopo

Die polisie in Limpopo het die naweek op vuurwapengedrewe misdade soos gewapende rooftogte, plaasaanvalle en moord gefokus wat tot die inhegtenisneming van 30 verdagtes en die konfiskering van 12 ongelisensieerde vuurwapens gelei het. Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe sê die provinsie ervaar ‘n toename in misdade waar vuurwapens gebruik word. “Motordiefstal en -kaping neem toe en …

Die polisie in Limpopo het die naweek op vuurwapengedrewe misdade soos gewapende rooftogte, plaasaanvalle en moord gefokus wat tot die inhegtenisneming van 30 verdagtes en die konfiskering van 12 ongelisensieerde vuurwapens gelei het.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe sê die provinsie ervaar ‘n toename in misdade waar vuurwapens gebruik word. “Motordiefstal en -kaping neem toe en verskeie individue, huis­houdings en besighede regoor die provinsie is al geteiken.”
Die polisie het onder leiding van Jan Scheepers, adjunkkommissaris, op verskeie gebiede in Mahwelereng, Musina, Maake, Thohoyandou, Nebo, Morebeng, Roedtan, Ritavi, Motetema, Bur­gersfort en Lephalale toegeslaan.

‘n Vuurwapen is onder ‘n motor se sitplek gevind.

Ngoepe sê benewens die arrestasies en wapens waarop beslag gelê is, is 75 lewendige rondtes ammunisie gekonfiskeer, drie gesteelde voertuie is gevind asook ‘n vierde wat onlangs gekaap is sowel as ‘n motorenjin. Die totale waarde van die voertuie is ongeveer R1,1 miljoen.
Die provinsiale polisiekommissaris, Nneke Ledwaba het gewaarsku dat die polisie gereelde operasies sal uitvoer om misdaad in die provinsie te bekamp en dat hulle nie sal rus voordat al die onwettige vuurwapens van die strate af verwyder is nie. Hy het ook sy dank teen­oor polisielede wat lang ure werk om misdadigers aan te keer en misdaad in die provinsie hok te slaan, uitgespreek.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version