Groot pryse op die spel by Mimosa Potjieskos Kompetisie

Mense wat reken hulle potjiekos-resep is die beste, word aangemoedig om in te kom skryf.

POLOKWANE – Die bestuurskommitee van die Mimosa gemeenskapssaal in dié stad bied Saterdag Mei 27 die Mimosa Potjieskos Kompetisie aan.

Mense wat reken hulle potjiekos-resep is die beste, word aangemoedig om in te kom skryf. Die kompetisie sal in ‘n twee-man span formaat beslis word.

Een van die groot aantreklikhede van hierdie kompetisie is dat dit gratis, for free, mahala, is om in te skryf. Al wat verwag word van die deelnemers is dat die potjiekosgeregte teen R20 per bord na die beoordelong te koop aangebied moet word.

Deelnemers wat wel inskryf staan ‘n kans om met groot pryse weg te loop.

Hier is ‘n lys van die gesogte pryse vir die eerste drie plekke wat deelnemers by die Mimosa Pojiekos Kompetisie kan wen:

Eerste prys – Drie nagte vir vier persone by die Aqua Breeze vakansie-oord in Mosambiek ter waarde van R8 000

Tweede prys – Een nag in die wittebroodsuite by Yellow Stone Luxury Lodge ter waarde van R3 000

Derde prys – ‘n Kontantprys ter waarde van R2 500.

Afgesien van hierdie bogenoemde pryse, is daar ook ‘n rits ander pryse wat deelnemers kan opraap.

Die pryse is:

Tien beessterte

Twee karwasse by Sasol Bendor

Twee wielballansering en sporing by John-T Wheel Alignment

Twee ‘minor lube servives’ by Zanna Motors

Een rooibok

Twee bottels wyn

Kontantprys van R500 aan die beste geklede potjieskos-span.

Voornemende deelnemers moet sorg dat hul teen 10:00 reg is om te kook wanneer die kompetisie ampetlik begin. Volgens Naas Vorster, een van die kommiteelede van die Mimosa gemeenskapsaal, sal die beoordeling van die potjieskosgeregde vanaf 14:00 tot 16:00 beoordeel word. Vorster sê beoordeling sal nie later as 16:00 plaasvind nie omrede die prysuitdeling net na 16:00 begin.

Vermaak sal deur kunstenaar Wikus Vogel verskaf word. Vir die jongspan sal daar ‘n springkasteel wees om hulle te vermaak. Na afloop van die potjieskos kompetisie sal daar ook ‘n tombola (raffle) gehou word en beloop R20 per kaartjie. ‘n Kontantkroeg is beskikbaar en geen eie drank sal op die perseel toegelaat word nie.
Vorster moedig mense aan om in te skryf en die dag sal met die Mimosa committee te kom geniet.

“Kom verras ons met jul kreatiewe potjieskosresepte om te sien wie stap weg as die Mimosa Potjiekos-kampioen,” sê Vorster.

Vir navrae kan mense vir Naas Vorster by 083 635 0586 skakel.

roelof@nmgroup.co.za

 

Exit mobile version