Local NewsNews

Te min spasie: druk op skole oor Afrikaans

Die Onderwys-departement se onvermoƫ om skole te bou vir die stad se groeiende leerdergetalle, wat aanspraak maak op onderrig in Engels, plaas tans druk op skole waarvan die onderrigtaal Afrikaans is.

POLOKWANE – Die ANC se Ike Maphototak (Bendor en Sterpark), asook die Jeugliga, het verlede week sterk woorde gehad teenoor die bestuur van Oosskool, en in ‘n radio-onderhoud ook Pietersburg HoĆ«rskool uitgewys as skole wat volgens die ANC, weier om te transformeer.

Die tak meen voorts dat sekere skole ‘n “rassistiese kultuur bevorder deur nie swart leerders in te neem nie”.

Die debakel spruit uit ‘n geval waarin ‘n Engelssprekende ouer ‘n leerder by Oosskool wou inskryf, maar die toelatingsbeleid van diĆ© skool soos bepaal deur die magte van die Beheerliggaam, gee voorkeur aan leerders wat Afrikaans magtig is.

Mahlatse Kobe, die Voorsitter van die Ike Maphototak, beweer in ‘n verklaring die skool weerhou swart leerders om skool te gaan by Oosskool en meen die party se lede raak ongeduldig oor die “doelbewuste uitsluiting”.

Hy het lede in die wyk aangemoedig om aansoekvorms vir die 2018-skooljaar by die skool in te dien, en meen dit is ‘n kwessie waar die Onderwysdepartement en die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysunie, moet ingryp.

Die Jeugliga het op hul beurt hul ontevredenheid uitgespreek en gedreig om met “onmeetbare aggressie” op te tree aangesien “sosiale transformasie ‘n integrale deel van radikale ekonomiese hervorming is,” soos vervat in ‘n persverklaring.

Die oorhoofse kwessie bly egter stygende leerdergetalle in die stad waarvoor die departement nie voorsiening maak nie.

Opsies vir ouers van Afrikaanssprekende leerders is vervolgens ook beperk en daar is jaarliks druk om selfs hierdie leerders in Afrikaansmedium skole opgeneem te kry.

Die Onderwysdepartement het reeds in April 2015, soos deur Review berig, in die begrotingstoespraak aangekondig dat ‘n nuwe skool, Bendor Secondary School, gebou sou word.

Volgens die destydse LUR, Jerry Ndou, was die bevolkingsgroei in en migrasie na die stad van so ‘n aard dat ‘n addisionele skool in die Bendor-omgewing as ‘n noodsaaklikheid geag is.

Die skool, soos twee jaar terug voorgestel, sou met moderne tegnologie toegerus word en ten minste 560 leerders akkommodeer.

“n Nuwe skool is beslis nodig om beter opvoeding in Engels te voorsien, en om die frustrasie van ouers, leerders en ander skole te verlig,” het hy destyds gesĆŖ.

Planne vir die skool, wat vanjaar sy deure sou oopmaak, het verlede jaar doodgeloop midde-in die finansiƫle krisis waarin die departement hom bevind.

Dr. Andri Weyer – Beheerliggaamvoorsitter van Oosskool

Die Beheerliggaamvoorsitter van Oosskool, dr. Andri Weyer, meen die ANC en Jeugliga se uitsprake is onverantwoordelik.

“‘n Plaaslike tak van die ANC en Jeugliga beskuldig Oosskool van rassisme omdat diĆ© skool ingevolge sy taalbeleid ‘n Afrikaans-enkelmedium-skool is.

“Oosskool is een van slegs twee Afrikaanse laerskole in Polokwane en die skool bars reeds uit sy nate.”

Volgens hom was die skool aan die einde van verlede jaar ook onder druk van die plaaslike ANC en die Onderwysdepartement om dubbelmedium-onderrig te verskaf.

“Die probleem is dat daar nie genoeg laerskole in die omgewing is nie. Al die ander laerskole in die onmiddellike omgewing is ook vol.

“Die departement probeer nou die probleem aanspreek deur Oosskool te dwing om dubbelmedium-onderrig te verskaf,” sĆŖ Weyer.

Hy sĆŖ verder, ‘n skool se taal- en toelatingsbeleid is die funksie van daardie skool se beheerliggaam, soos deur die hof bevestig in die rigtinggewende Ermelo-uitspraak in 2009.

Talle soortgelyke hofsake het ook bevestig dat die regering nie met hierdie regte van ‘n skoolbeheerliggaam mag inmeng nie.

Weyer sĆŖ wat veral kommerwekkend is, is die dreigement dat “onmeetbare aggressie” (immeasurable violence) gebruik sal word sou swart leerders nie tot die skool toegelaat word nie.

“Dit is uiters onverantwoordelik om sulke uitsprake te maak, veral waar laerskoolleerders betrokke is. Die kinders se belange is die beheerliggaam se eerste prioriteit en veiligheid is hĆ©Ć©l bo aan hierdie lys.”

Oosskool verwelkom enige leerder wat in Afrikaans onderrig wil ontvang. Diversiteit is ‘n kenmerk van die Suid-Afrikaanse samelewing en die beskerming van veeltaligheid vorm deel hiervan. Oosskool sal voortgaan om die diverse groep Afrikaans-sprekers in die provinsie te dien deur middel van gehalte-onderrig in ‘n veilige omgewing, het hy afgesluit.

Willie Schoeman – SkoolhoofĀ  van PHS

Volgens Willie Schoeman, PHS se Skoolhoof, aanvaar PHS enige leerder wat Afrikaans magtig is.

“Ons is die enigste Afrikaans-medium hoĆ«rskool uit die 1 413 skole in Limpopo.

Daar is dus 1 412 skole waar Engelssprekende kinders geakkommodeer kan word. Ons het nog nooit teen ras gediskrimineer nie. Enige kind is welkom, solank hulle Afrikaans magtig is.”

Die Skoolhoof van Pietersburg Laerskool, Peet Bredenkamp, sĆŖ diĆ© skool se toelatingsbeleid is ook in lyn met die Skolewet.

Gesinne in die skool se voederarea is hoofsaaklik ook Afrikaans, het hy bygevoeg.

Die Hoof van Kommunikasie by die Onderwysdepartement, Dr Naledzani Rasila, het op navraag tot kommentaar gesĆŖ planne vir ‘n nuwe skool in Bendor is gestaak totdat die begroting vir een toelaat.

ā€¢ ‘n Gemeenskapsvergadering is belĆŖ vir vanaand, 25 Mei om 18:00 in Oosskool se saal.

Inwoners van die wyk 21 (Bendor en Sterpark) word uitgenooi om dit by te woon. Neem jou ID saam.

hilda@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button