Bosveld NewsLocal NewsNews

Noodforum se nood verlig

Die Mokopane Noodforum gaan in die 2017/18 boekjaar 'n subsidie vanaf die staat ontvang.

MOKOPANE – Die organisasie het sy subsidie verlede jaar verloor, omdat sy finansiële state laat ingedien is. Sedertdien is daar gespook en gespartel om die deure van die forum oop te hou.

Verskeie projekte, geldinsamelings en skenkings van goeie Samaritane het gehelp dat die organisasie sy goeie werk kon voortsit. Die forum help onder meer om 120 gesinne te voed en lewer ook ander belangrike maatskaplike dienste.

Adele van der Linde, Woordvoerder van vir die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling in Limpopo, het Woensdagoggend aan Bosveld bevestig dat die forum se subsidie vir 2017/18 goedgekeur is.

Die forum gaan egter nie die subsidie wat hulle verlede jaar verbeur het weens die laat indien van hul state kry nie.

Eulogia de Wet is dankbaar dat die nuwe subsidie goedgekeur is en het laat weet “ons gaan môre daarvoor teken”.

Die Noodforum hou op Saterdag, 27 Mei, ‘n kleuterskou by Hoërskool Piet Potgieter. Die skou begin 09:00 en almal is welkom.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button