Local NewsNews

Ent jou dier teen hondsdolheid

Beamptes van die Veeartsenydienste sal inentingsklinieke in Junie hou.

MOKOPANE – Dit is weer tyd vir die jaarlikse hondsdolheid inentings aangesien dit ook verpligtend is vir alle honde en katte bo die ouderdom van drie maande.

Volgens die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling, wys statistieke dat 34 mense in 2006 oorlede is in Limpopo as gevolg van hondsdolheid.

Tussen 2009 en 2010 was daar 40 positiewe hondsdolheid gevalle in die provinsie. In 2009 is ‘n hond positief getoets vir hondsdolheid net buite Mookgophong nadat ‘n jakkals hom vermoedelik gebyt het.

Om te verseker dat jy en jou huisgesin beskerm is teen hondsdolheid, gaan beamptes van die Veeartsenydienste inentingsklinieke in Mokopane hou.

Dié sal plaasvind vanaf 6 – 8 Junie by die Van van Rensburg saal, en voor die Biblioteek van 07:00 – 17:30.

Vir meer inligting skakel (015) 491 4288 of 082 921 3906.

lionel@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button