Masels: ken die tekens

Babas en kleuters is meer vatbaar vir siektes omdat hul immuunstelsels nog ontwikkel.

POLOKWANE – ‘n Plaaslike dokter het vandeesweek bevestig dat ‘n paar ouers reeds by hom aangeklop het, wat vermoed hulle kinders het masels.

Hy deel die volgende raad in terme van simptome waarvoor ouers kan kyk:

“‘n Hoë koors, rooi oë en uitslag is gewoonlik die eerste tekens en is gewoonlik al drie teenwoordig,” vertel hy.

Hulle kom ook dikwels in aanraking met ander kinders wat dalk aansteeklike siektes onder lede het.

Masels is ‘n virussiekte en kinders word daarteen ingeënt. Die siekte is baie aansteeklik, maar ongeveer vyf dae nadat die uitslag verskyn het, is die kind nie meer aansteelik nie.

Nog simptome van dié siekte sluit in:

• Ligsensitiwiteit

• Spierpyn

• Loopneus

• Seer keel en wit kolletjies in die mond.

• Verspreide uitslag op die vel wat tot sewe dae kan aanhou. Dit verskyn binne die eerste drie tot vyf dae nadat die pasient aan die virus bloot gestel is.

Wanneer jou kind masels het, hou hom tuis en versorg hom weg van ander mense af. Hou hom ook weg van sonlig af, in ‘n donker kamer en voorsien baie vloeistof.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version