Ladanna-inwoners boos oor inbreuk op eiendomme

Inwoners van Ladanna verwelkom die opgradering van die stad se watervoorsieningsinfrastruktuur, maar is ontevrede oor die manier waarop die munisipaliteit se kontrakteur inbreuk maak op hul vermoë om toegang tot hul eiendomme te kry. “Sypaadjies in Bulawayostraat is die afgelope maand omgedolwe om die ou asbessementpype te vervang en die plaveisel van die ingange voor …

Inwoners van Ladanna verwelkom die opgradering van die stad se watervoorsieningsinfrastruktuur, maar is ontevrede oor die manier waarop die munisipaliteit se kontrakteur inbreuk maak op hul vermoë om toegang tot hul eiendomme te kry.
“Sypaadjies in Bulawayostraat is die afgelope maand omgedolwe om die ou asbessementpype te vervang en die plaveisel van die ingange voor ons eiendomme is verwyder. Die tydelike opvullings is oor die naweek weggespoel en ons moes self grond inry om dit weer rybaar te maak,” het ‘n inwoner Maandag gekla.
Kommunikasie en bemarkingsbestuurder van die Polokwane munisipaliteit, Matshidiso Mothapo, het die owerheid se verskoning vir die ongerief aangebied
en benadruk dat die mu­ni­sipa­liteit alles in sy ver­moë doen om projekte met die minste moontlike ontwrigting af te handel.
“Die welkome reën wat oor die naweek geval het, het skade op verskeie plekke veroorsaak en die beskikbare arbeid kon net nie tegelykertyd aan al die klagtes aandag gee nie. Die publiek se pogings om tydelike oplossings te vind, word derhalwe hoog op prys gestel,” verseker Mothapo.

Storie & foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Plaveisel is verwyder om uitgrawings vir die nuwe watervoorsieningsnetwerk moontlik te doen.
Inwoners van Bulawayostraat in Ladanna moes self inspring om hul erwe begaanbaar te maak nadat tydelike ingange wat deur die munisipaliteit voorsien is, weggespoel het tydens die reë oor die naweek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version