Die leerders en personeel van Werk en Wen het onlangs die beste van die vallende blare en verandering van die seisoen gemaak toe hulle 'n spesiale Herfsdag by die skool gehou het.
Die personeel en leerders van Werk en Wen is uitgevat in helder en herfskleure om Herfsdag te vier.
Ruhan Stoltz is in die Uiltjieklas by Werk en Wen en het vir Herfsdag soos ‘n bosuil aangetrek.
Megan de Waal is ‘n blomme prinses vir die viering van Herfsdag by Werk en Wen Kleuterskool.