Local NewsNews

Welkom by Oosskool

As jy haar sien, sit sy of met die telefoon teen haar oor, of met een vinger op die knoppie, gereed om die hek oop te maak

POLOKWANE – Ander kere help sy ‘n benoude kind wat sy kosblik by die huis vergeet het, maar dit maak nie saak hoe bedrywig Mariaan Maree is nie, sy doen alles altyd met ‘n  vriendelike, warm glimlag.

Sy is Laerskool Pietersburg-Oos se ontvangsdame en die eerste gesig wat besoekers sien as hulle by die skool instap. Sy vertel dat die leerders vir haar ‘n passie en ‘n plesier is en waar ander mense dalk haar werk as ‘n las sal beskou, sien sy dit  as ‘n plesier.

“Ek werk so om en by twee jaar al by Oosskool en geniet elke dag. Die lekkerste van my werk is om met die leerders en hul ouers te werk en te voel ek maak ‘n verskil in hul lewens.”

Haar werk behels om mense by die skool te ontvang, skakelbord en sy behartig ook die advertensieplasings in die Osieflits, die skool se weeklikse nuusblad. Sy maak seker dat die klok op die regte tyd lui en sien ook soms om na die siek leerders in die siekeboeg.

“Die mees uitdagendste deel van my werk is om almal gelukkig te hou. Ek dink ‘n goeie ontvangsdame moet  ‘n netjiese voorkoms, deursettingsvermoë en geduld hê. Sy moet ook lief wees vir mense en vriendelik wees.”

Sy vertel dat sonder die wonderlike personeel en ouers wat haar ondersteun sou haar werk dalk nie altyd so maklik wees nie.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button