[VIDEO’S] Pa van vele vier sy verjaarsdag

Vandag, 11 Mei, vier Gideon Pelser, Skoolhoof van Oosskool sy 41ste verjaarsdag

POLOKWANE – Om die pa van meer as 300 ‘kinders’ te wees, is nie vir elke persoon beskore nie, maar vir Gideon Pelser, Skoolhoof van Oosskool is dit die beste werk op aarde.

Vandag, 11 Mei, vier hy sy 41ste verjaarsdag en sy tweede verjaarsdag as hoof van Oosskool. Om sy verjaarsag spesiaal te maak het die leerders met die aanvang van pouse vir hom op die  pawiljoen gaan wag.

Drie Osies wat vandag saam met Skoolhoof Gideon Pelser verjaar, het elkeen ‘n geskenk ontvang.

Hulle het vir hom gesing waarna die hoofleiers, Mia van Straten en Ruwan van der Watt ‘n geskenk van die skool af aan hom oorhandig het.

Na afloop van verrigtinge die personeel na die lapa waar hulle verversings geniet het.

maretha@nnmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version