POLOKWANE – Om die pa van meer as 300 ‘kinders’ te wees, is nie vir elke persoon beskore nie, maar vir Gideon Pelser, Skoolhoof van Oosskool is dit die beste werk op aarde.
Vandag, 11 Mei, vier hy sy 41ste verjaarsdag en sy tweede verjaarsdag as hoof van Oosskool. Om sy verjaarsag spesiaal te maak het die leerders met die aanvang van pouse vir hom op die pawiljoen gaan wag.
Hulle het vir hom gesing waarna die hoofleiers, Mia van Straten en Ruwan van der Watt ‘n geskenk van die skool af aan hom oorhandig het.
Na afloop van verrigtinge die personeel na die lapa waar hulle verversings geniet het.