Noordjieland beeld van ons land se ryk kultuurskatte uit

Suid-Afrika as reënboognasie is Vrydag treffend deur kleuters van Noordjieland tydens die afsluiting van hul kultuurweek uitgebeeld toe kleuters volgens hul onderskeie kultuurtradisies kon aantrek. Die kern van die week se leerderinhoud was dat daar ten spyte van ‘n groot verskeidenheid kultuurverskille tog eenheid kan bestaan as mense mekaar respekteer. Veral in Suid-Afrika wat ‘n …

Suid-Afrika as reënboognasie is Vrydag treffend deur kleuters van Noordjieland tydens die afsluiting van hul kultuurweek uitgebeeld toe kleuters volgens hul onderskeie kultuurtradisies kon aantrek.
Die kern van die week se leerderinhoud was dat daar ten spyte van ‘n groot verskeidenheid kultuurverskille tog eenheid kan bestaan as mense mekaar respekteer.
Veral in Suid-Afrika wat ‘n reënboognasie is met elf amptelike tale.

Storie en foto’s: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Volgens Zoeloetradisie geklee.
Onmisbaar volgens Venda­kultuur.
Die meisies wys hul Swazi-agtergrond.
Mikhenso Valoyi, Wanga Shi­gange en Amukelani Mo­kgokong in Sjangaandrag.
Daniella De Gouveia wys haar Portugese herkoms.
Omphile Ribain in Zoeloedrag.
Onmiskenbaar in Sepedi-drag.
Miguel Wahab en Shibe Mphalele bring hulde aan Indië.
Van die personeel van Noordjieland wat die reënboognasie uitbeeld. Voor is Rachel Kgoale wat ook Vrydag haar vyftigste verjaarsdag gevier het. In die middel is Debra Nkomo, Maria Shike en Christina Sebetoa. Agter is Piet Chaba en Phineas Lephale.
Exit mobile version