Ondanks die feit dat daar Saterdag verskeie ander aantreklikhede in die stad aangebied is, is die markdag wat by die Polokwane Rolbalklub aangebied is, goed ondersteun.
Stalletjies waar onder meer pannekoek, tuisgebak, eksotiese mengeldrankies en ‘Indian delights’ te koop was, het verseker dat daar iets vir elkeen se smaak was.
Besoekers het geesdriftig aan die Bingospeletjies wat met tussenposes aangebied is, deelgeneem en die wenners het met aantreklike pryse wat deur die uitstallers geborg is, weggestap.
Vir die jongeres was daar ‘n springkasteel terwyl ouers by die tafels onder die bome ontspan het en deur plaaslike kunstenaars soos Mauritze Great White China vermaak is.
Mede-organiseerder Jasper Louw sê die markdag word in samewerking met die Polokwane Rolbalklub aangebied en dat die huurgeld van die stalletjies aangewend word om die oorhoofse koste te dek.
Storie & foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com