Local NewsNews

Polisie ondersoek seun se leeudood

Die polisie het bevestig dat hulle besig is om ‘n geregtelike doodsondersoekdossier te open en dat ‘n verdere twee klagte van die oortreding van die omge­wingsbestuurwet ondersoek word nadat die 11-jarige Kristian Prinsloo verlede Woensdag na ‘n aanval deur ‘n jong leeumannetjie dood is. Kristian het volgens inligting by sy ouma op ‘n landgoed buite …

Die polisie het bevestig dat hulle besig is om ‘n geregtelike doodsondersoekdossier te open en dat ‘n verdere twee klagte van die oortreding van die omge­wingsbestuurwet ondersoek word nadat die 11-jarige Kristian Prinsloo verlede Woensdag na ‘n aanval deur ‘n jong leeumannetjie dood is.
Kristian het volgens inligting by sy ouma op ‘n landgoed buite Lephalale gekuier toe die voorval op 8 April plaasgevind het. Ngoepe het bevestig dat die seun saam met sy ouma, Marie Strydom, in haar huis se kombuis was toe die driejarige leeumannetjie glo by die huis ingestap en Kristian aan die nek gegryp het.
Strydom het blykbaar die leeu van haar kleinseun af gestoei en het self byt- en krapwonde opgedoen. Kristian het erge wonde aan sy nek en rug opgedoen en is per helikopter na die Meulmed Mediclinic in Pretoria gehaas nadat hy by ‘n hospitaal in Lephalale gestabiliseer is.
Dokters het enkele dae na die voorval bevestig dat daar geen breinaktiwiteit by Kristian is nie waarna hy verlede Woensdag, ‘n dag na sy 12de verjaardag oorlede is.
Eienaars van die landgoed, Alet en Cor Vos besit glo drie leeus. Cor het glo aan die media gesê dat hy permitte vir al die leeus het en dat hulle so mak is dat hulle saam hom en sy vrou in die bed slaap.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button