Ouers kamp oornag vir Oosskool-registrasies

Die sypaadjie voor Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) is Dinsdagaand en gisteroggend (Woensdag) in ‘n kampterrein omskep toe ouers wat hul kinders vir 2018 by die skool wil inskryf voor die hek oornag het om seker te maak dat hul voor in die ellelange ry is. Glenda Maritz sê sy was Dinsdag om 21:00 by die skool …

Die sypaadjie voor Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) is Dinsdagaand en gisteroggend (Woensdag) in ‘n kampterrein omskep toe ouers wat hul kinders vir 2018 by die skool wil inskryf voor die hek oornag het om seker te maak dat hul voor in die ellelange ry is.
Glenda Maritz sê sy was Dinsdag om 21:00 by die skool om eerste in die ry te wees. Ander hoopvolle ouers het later agter haar ingeval en die nag se koue tot voordeel van hul kinders trotseer. Chantelle Vogel het net na 23:00 by die ander ouers aangesluit om haar kind vir graad R in te skryf.

Ouers is gepantser teen die bitter koue terwyl hul wag om hul kinders by Oosskool in te skryf. (Foto: Verskaf)

Mosima Selolo het reeds twee kleinkinders in Oosskool en het om middernag opgedaag om te verseker dat daar plek vir haar derde kleinkind is. Oosskool se hoof van leerderaange­leenthede, Marlene Thompson, sê die skool is slaggereed vir voornemende Osies en verwag sowat 250 graad R- en 300 graad 1-inskrywings. Weens administratiewe pro­bleme kon hul eers gister registrasies begin. Ander skole in die stad, insluitend Laerskool Piet Hugo, Pietersburg Laerskool en Hoër Tegniese Skool Tom Naudé, het bevestig dat registasies op 18 April sonder enige oopeenhopings begin het. Hoërskool Pietersburg (PHS) se skakelbeampte, Anna-Marié Schoeman, sê hul het reeds inskrywings begin ontvang, maar verwag volgende week ‘n toeloop met die skool se opedag.
Woordvoerder van die departement van
onderwys, Naledzani Rasila, sê geen onge­rymd­hede is aangemeld sedert die registrasieproses amptelik op 18 April begin het nie en moedig ouers aan om hul kinders so gou as moontlik by die skool van hul keuse in te skryf. “Vroeë registrasie stel die departement in staat om leerders wat nie teen die sluitings­datum op 31 Mei plek het nie, voor Januarie 2018 by alternatiewe skole te plaas.”

Storie & foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

Groot getalle ouers staan voor Laerskool Pietersburg-Oos om hul kinders in te skryf.
Oosskool se hoof van leerderaangeleenthede, Marlene Thompson, help Glenda Maritz met ‘n inskrywingsvorm.
Mosima Selolo vul ‘n registrasievorm in.
Exit mobile version