Local NewsNews

Gate ‘n gevaar vir kinders en diere – inwoner

Gate wat bykans regoor die stad gegrou en so deur die munisipaliteit gelaat is laat inwoners bekommerd oor die veiligheid van voetgangers.

POLOKWANE – Van die gate word gebruik om rommel in te stort terwyl ander in ‘n opgaarplek vir water ontaard het.

Een van die inwoners van ‘n woonstelblok in Compensatiestraat het aan Review vertel dat die gat oorkant hul huis bykans twee meter diep en drie meter wyd is en vol water is.

Die gat op die hoek van Jorissen- en Compensatiestraat is al vir meer as ‘n maand oop en is al vol water.

Dit, sĂȘ hy, skep ‘n gevaar vir kinders en diere wat in die gat kan val en dan verdrink.

“Daar is nou vakansiedae en die kinders wie in die woonstelblok woon loop verby die gat na die kafee om die hoek. Daar is die risiko dat van die kinders naby die gat gaan speel.

“Wat gebeur as een van die kinders daarin val?” vra een van die inwoners, Julia Malebatse, bekommerd.

Navraag na die munisipaliteit het geen vrugte afgewerp nie en die woordvoerder van die munisipaliteit het net aangevra dat daar gespesifiseer word waar die gate is wat nie aan gewerk word nie. Dit is aan hom deurgestuur maar daar is steeds geen terugvoer ontvang nie.

Nog ‘n inwoner, Isaack Nelson, wie in ‘n sorgsentrum woon, sĂȘ die gate wat in Penina Park op die sypaadjie is, is vir hom ‘n gevaar en ‘n hindernis.

“Ek moet soms in die pad ingaan om oor die weg te kan kom omdat daar ‘n gat is waar die sypaadjie moes wees,” vertel hy.

Nog ‘n inwoner in Burgerstraat, Nadia van der Merwe, sĂȘ daar is aan weerskante van Burgerstraat gate gegrou wat veroorsaak dat voetgangers in die besige Thabo Mbeki Rylaan moet loop want die sypaadjie is ontoeganklik.

Die gat in Burgerstraat is is langs ‘n skool en wek kommer by ouers oor die veiligheid van hul kinders wie daarin kan val.

Casper van der Spuy, die eienaar van Kings Castle, het groot probleme met die gat wat reg voor sy hoofingang gegrou is. Met navraag aan die munisipaliteit oor wanneer die gat toegemaak sal word omdat dit ‘n probleem vir sy kliĂ«nte veroorsaak, is daar aan hom gesĂȘ dat dit voor Kersfees gedoen sal word.

Die besigheid moes ook in Oktober verlede jaar die plaveisel laat vervang as gevolg van die munisipaliteit wat daar gewerk het en net nooit reggemaak het nie.

Een van die ander oornag-akkommodasiegeriewe in die stad het reeds kliĂ«nte verloor as gevolg van ‘n gat reg voor hulle besigheid. Mense, asook ‘n voertuig, het al in die gat vasgeval.

Teen druktyd is geen terugvoer vanaf die munisipaliteit ontvang nie.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button