Local NewsNews

Vroue uitgenooi na karnaval saam met ADAM by Wiele 500 se Damesoggend

‘n Egte karnavalatmosfeer op ‘n lowergroen grasperk buite die stadsgewoel met koswaens, tuisgebroude bier en koffieboongeure in die lug wag op honderde vroue wat in ‘n spierwit tent sal kuier terwyl hul deur spesiale manne met fluweelstemme vermaak word. Al die heerlikhede sal tydens Wiele 500 se Damesoggend op 6 Mei met die sprankelende RSG-omroeper, …

‘n Egte karnavalatmosfeer op ‘n lowergroen grasperk buite die stadsgewoel met koswaens, tuisgebroude bier en koffieboongeure in die lug wag op honderde vroue wat in ‘n spierwit tent sal kuier terwyl hul deur spesiale manne met fluweelstemme vermaak word.
Al die heerlikhede sal tydens Wiele 500 se Damesoggend op 6 Mei met die sprankelende RSG-omroeper, Martelize Brink as seremoniemeester plaasvind.
Die mannegroep, ADAM verskaf die vermaak en Mathys Roets, Wiele 500-ambassadeur, is oudergewoonte deel van die verrigtinge.
Vrouens word genooi om volgens die karnavaltema aan te trek en die beste tafel sal ‘n prys wen.
Die opbrengs vir die dag word aan persone in rolstoele gegee wat volgens prioriteitsaansoeke bepaal word.
“Vaanjaar is dit ons vyfde Damesoggend wat ons in staat stel om persone in rolstoele se lewens op een of ander wyse te vergemaklik,” sê Marlene Calitz stigter van Wiele 500.
Die funksie vind by Grincourt buite die stad om 09:00 vir 09:00 plaas en kos R320 per persoon.
Vie enige navrae of om kaartjies te koop, kan Joria Alberts van Freshwell by 082 411 0314 of Michelle Engelbrecht van Exclusive Properties by 082 303 9111 geskakel word.

Storie: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Related Articles

Back to top button