Bekende sakeman in stad sterf

‘n Era is verby. Daar het ‘n groot boom in Polokwane geval.

POLOKWANE – Die bekende meesterbouer, boukontrakteur en sakeman, Chris Strijdom, gebore op 11 Junie 1942, is op Woensdag, 26 April na ‘n lang siekbied oorlede en hy het nou sy Hemelse wenpaal bereik.

Volgens sy familie het Strijdom diep en duidelike spore in dié stad getrap. Sy familie sê hy het met sy eie hande geboue opgerig, lewens aangeraak en verander.

“Hy was ‘n rots en ‘n sterk man, ‘n reus om na op te kyk. Hy het mens geleer dat eerlike, harde handewerk mens se grootste trots en nalatenskap kan wees,” sê sy familie.

Strijdom se dood word diep betreur deur sy geliefdes, familie, vriende en jarelange werknemers.

Die begrafnisdiens vind plaas op Woensdag, 3 Mei om 10:30 vanuit die AGS Taberna Dei Moederkampus op die hoek van Jorissen- en Websterstraat.

Strijdom se familie bedank elkeen vir hul gebede, ondersteuning, oproepe en boodskappe.

roelof@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

 

 

Exit mobile version