Tommies se nuwe koning van die snoepie

Pierre beplan om vroegoggend bestellings te neem sodat die kos teen pouse gereed kan wees.

POLOKWANE – Met die kennis wat hy by sy ma, wie jare lank ‘n ‘snoepietannie’ was, is Pierre Fouché gereed om die leerders, en personeel, van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé met gesonde eetgoed te bederf.

Pierre sal die snoepie voor skool, pouses, na skool en op sportdae beman.

Dit is nie net leerders wat na heerlike etes kan uitsien nie, maar onderwysers kan ook gereed maak om hul knuppeldik aan heerlike kos te smul.

“My vrou, Edia, het my van die geleentheid by Tom Naudé vertel. Met vandag se besige leefstyle is dit nie altyd moontlik om gesonde, gebalanseerde etes te maak of te nuttig nie. Ek wil vir die leerders gesonde, lekker kos voorsien wat hulle kan geniet. Baie van die leerders kom eers laat saans by die huis na hul buitemuurse aktiwiteite en dan het hulle nie altyd lus om ‘n gesonde bord kos te eet nie. Dit is hier waar die vullende maaltye by die snoepie soos slaai, macaroni en kaas, en selfs vetkoeke onder andere goed te pas kom,” vertel hy.

Pierre beplan om vroegoggend bestellings te neem sodat die kos teen pouse gereed kan wees vir die leerders.

Daarby beplan hy ook om bestellings te neem vir kospakkies wat sportspanne saam met hulle kan neem as hulle toer.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version