Local NewsNews

Veediefstal: abbatoir sekuriteit word opgeskerp

Altesaam 15 gesteelde Afrikaner osse het onlangs by die Limpopo Red Meat Abattoir beland en daar word oor en weer beskuldigings rondgeslinger oor hoe die beeste daar beland het en oor die beweerde veediefstal.

MOKOPANE –Ā  Johan Uys, ‘n boer van die plaas Doornfontein naby Zebediela, se beeste het op 7 April weggeraak.

Hy is twee dae later na die slagpale waar hy sy beeste opgespoor het net betyds dat hulle nie almal geslag word nie.

Volgens Klipspringer Vleismark se boekhouer, Dries Roodt, is die beeste in die middernagtelike ure by die slagpale afgelaai.

Die nodige dokumente is nie behoorlik voltooi nie en die trok waarop die beeste was se nommerplaat was vervals. Die selfoonommer op die dokumente bestaan ook nie.

Roodt sĆŖ sy skoonpa Chris Keet wat die eienaar van Klipspringer is, het op 9 April bewus geraak dat daar gesteelde beeste by die abattoir afgelewer is.

Hy het die beeste aan die brandmerk uitgeken en Uys gebel om sy diere te kom haal. Keet het glo ook die polisie en verkeersafdeling gekontak om te help met die identifikasie van die registrasienommer van die trok.

Uys sĆŖ egter Roodt praat nie die waarheid nie.

“Nadat my beeste weggeraak het, het ek self die abattoir gebel en gevra hulle moet kyk of daar nie gesteelde beeste afgelaai is nie. Ek het niks van hulle gehoor nie en het op Sondag, 9 April, na die slagpale gery om self ondersoek in te stel. My beeste was daar. Ek weet nie of hulle ooit die moeite gedoen het om te gaan kyk nie. Ek het die polisie gebel om die saak te ondersoek en het ‘n klag van diefstal gelĆŖ.”

Uys sĆŖ hy is later met sy beeste terug plaas toe.

“Roodt het my laat weet daar is een bees wat geslag is, wie se vleis ek moet kom haal. Hy het gesĆŖ hulle weet nie wie die beeste daar afgelewer het nie. Daar is baie prosedures wat volgens wet gevolg moet word om diere af te lewer by die slagpale. Hoe kan hulle sĆŖ hulle weet nie wie die beeste daarheen gebring het nie?”

Pine Pienaar, Bestuurder van die abattoir wou nie kommentaar lewer nie en het voorgestel Bosveld gesels met een van die direkteure. Charles Booysen, eienaar van Rainbow Butchery, en een van die direkteure, sĆŖ: “Die aantal veediefstalle in ons omgewing is vir my ‘n groot bekommernis. Ons hoor gereeld van beeste wat gesteel word en sommer langs die pad geslag word. Ek self het al deurgeloop toe een van my stoetbulle gesteel is.

Hy meen die arrogansie van die misdadigers gaan mens se verstand te bowe. Boere en sekuriteitsmense word dopgehou en minute na patrolies gedoen is, word vee gesteel. Ons sal van ons kant af ons strategie moet verander en veiligheid moet opskerp.”

Booysen sĆŖ ‘n PTZ Sisteem (pan-tilt-zoom) gaan by die abattoir se hek aangebring word. Die kantoor en sekuriteit sal ‘n kortlys kry van boere se kontaknommers sou enige verdagte vee afgelewer word. Hy wag nog vir terugvoering van die sekuriteitsmaatskappy oor die sekuriteitswag wat die dokumente verkeerd ingevul het. Hy meen die sekuriteitspersoneel moet ook behoorlike opleiding kry.

Booysen voel ook dat die werkslading van die veediefstaleenheid te veel is en hulle nie genoeg mannekrag het om ondersoeke vinnig op te volg nie.

Hennie de Vos, ‘n boer van in die Percy Fyfe-omgewing, sĆŖ: “Om diere by die slagpale af te lewer moet alle dokumente volledig ingedien word. ‘n ID moet getoon word. Voertuig registrasienommer, model, fabrikaat en tipe voertuig moet neergeskryf word. Die diere moet geĆÆdentifiseer word deur die afleweraar .”

De Vos sĆŖ dat veediefstal in die Mokopane omgewing kommerwekkend is en die publiek sal hulle hande saamslaan as hulle weet wat in die bedryf aangaan.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button