Reserviste môre weer in hof oor omkoopgeld

Die twee polisiereserviste verbonde aan die Polokwane polisiestasie wat verlede Dinsdag deur die Limpopo Valke op aanklag van korrupsie aangekeer is, sal na verwagting môre (Vrydag) in die Polokwane Landdroshof verskyn. Windy Heyman en Tebogo Mojapelo sal waarskynlik om borgtog aansoek doen nadat hulle sedert hulle arrestasie in aanhouding is oor beweerde omkoopgeld wat hulle …

Die twee polisiereserviste verbonde aan die Polokwane polisiestasie wat verlede Dinsdag deur die Limpopo Valke op aanklag van korrupsie aangekeer is, sal na verwagting môre (Vrydag) in die Polokwane Landdroshof verskyn.
Windy Heyman en Tebogo Mojapelo sal waarskynlik om borgtog aansoek doen nadat hulle sedert hulle arrestasie in aanhouding is oor beweerde omkoopgeld wat hulle van ‘n buitelander ontvang het.
Die Valke-woordvoerder, Matimba Maluleke het gesê die twee het na bewering verlede Vrydag ‘n onwettige immigrant in die stad aangekeer en R2 000 omkoopgeld vir haar vryheid geëis. Die buitelander het glo haar man geskakel om die geld vir haar in te betaal, maar hy kon slegs R400 stuur. Sy het klaarblyklik die geld wat hy oorbetaal het onttrek en is vrygelaat op voorwaarde dat sy die uitstaande R1 600 later betaal. Die konstabels het glo haar selfoon en ander persoonlike besittings gekonfiskeer en gehou totdat hulle die totale bedrag ontvang.
Die vrou het die voorval by die Valke aangemeld en ‘n lokval is gestel waarna hulle in die middestad gearresteer is nadat hulle die R1 600 van ‘n Valke-lid ontvang het.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Exit mobile version