NewsSchools

Oumanne genooi om in Bosveld Intervarsity-spanne te speel

Hoërskool Pietersburg (PHS) is die gasheer van die Bosveld Intervarsity wat op 27 Mei gehou word om te bepaal wie bobaas in die Bosveld is. Oudleerders van PHS en Hoër Tegniese Skool Tom Naudé wat in die populêre oumannewedstryd wil speel, moet hul kon­- ­tak­besonderhede spoedig aan die skole stuur. Oudleerders wat in die Pietiespan …

Hoërskool Pietersburg (PHS) is die gasheer van die Bosveld Intervarsity wat op 27 Mei gehou word om te bepaal wie bobaas in die Bosveld is.
Oudleerders van PHS en Hoër Tegniese Skool Tom Naudé wat in die populêre oumannewedstryd wil speel, moet hul kon­- ­tak­besonderhede spoedig aan die skole stuur.
Oudleerders wat in die Pietiespan wil wees moet ouer as 25 jaar is. ‘n E-pos met die voornemende speler se naam, van, geboor­tedatum en matriekjaar asook moontlike posisie in die span kan na sport@pieties.co.za gestuur word of kan die skool by 015 297 3201 skakel.
Oud-Tommies wat belangstel om vir hul skool uit te draf, kan Kobus de Meyer by 076 849 7573 skakel of ‘n e-pos na sport@tomnaude.co.za stuur.
Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het verlede jaar lewe in die Bosveld Intervarsity-tradisie geblaas toe dié gewilde sportbyeenkoms, wat groot toeskouergetalle gelok het, weer vir die eerste keer in 12 jaar aangebied is.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

Related Articles

Back to top button