‘Belasting’ om nood te help verlig

Alle Suid-Afrikaners, van die sake­gemeenskap tot skoolkinders, kan op 26 Mei hul formele skoene vir tekkies verruil mits hul ‘n Tekkie Tax-plakker dra. Tekkie Tax is ‘n fondsamelings­projek en elke plakker verteenwoordig ‘n afdeling van dienslewering. Afhangend van waar jou hart lê, kan jy plakkers kies om organisasies te ondersteun in een of meer van …

Alle Suid-Afrikaners, van die sake­gemeenskap tot skoolkinders, kan op 26 Mei hul formele skoene vir tekkies verruil mits hul ‘n Tekkie Tax-plakker dra.
Tekkie Tax is ‘n fondsamelings­projek en elke plakker verteenwoordig ‘n afdeling van dienslewering. Afhangend van waar jou hart lê, kan jy plakkers kies om organisasies te ondersteun in een of meer van die volgende kategorieë: diere, familie­dien­ste, kinders, dienslewering aan persone met gestremdhede en basiese onderwys. ‘n Plakker kos R10.
Daar is ook veelkleurige skoenve­ters en T-hemde te koop vir dié wat hul volle gewig agter hierdie nasionale geldinsamelingsprojek wil ingooi. Skoenve­ters kos R35 per paar en die T-hemde is teen R95 elk te koop.
Verlede jaar is R8,4 miljoen met die projek ingesamel en sedert die ontstaan van die projek in sy huidige vorm in 2013, is R22,1 miljoen vir liefdadigheid geïn.
Huismoeder van die Polokwane Nasorgsentrum vir Volwasse Intelektueel Gestremdes, Saartjie du Toit, sê Tekkie Tax-plakkers, -skoenveters en -hemde is by die sentrum in Dorpstraat 96 beskikbaar.
Die sentrum hoop om vanjaar
25 000 plakkers te verkoop. Du Toit vra dat alle besighede betrokke raak en die sentrum ondersteun.
Besighede kan die uitgawes van belasting terugeis.

Storie: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

Adri Bronkhorst, inwoner van Polokwane Nasorgsentrum en Saartjie du Toit, huismoeder, wys hoe die Tekkie Tax T-hemp lyk.
Snotkop, bekende Afrikaanse sanger en Germa Hatting, Tekkie Tax se nasionale projekbestuuurder, spog met veelkleurige veters.
Exit mobile version