Oorsese toer wink vir Hansieweek se bestes

Die Mauritz Hansen skolerugbyweek het op 'n hoë noot geeïndig met die aankondiging van 'n vyftiental wat vanjaar oorsee gaan toer.

MOKOPANE – Wentrofeë is ook aan die beste spanne in die verskillende ouderdomsgroepe oorhandig, asook aan die top spelers.

Mauritz Hansen na wie die Hansieweek vernoem is, kondig die vyftiental aan wat vanjaar oorsee gaan toer.

Die eersterugbyspan van Hoërskool Hugenote van Springs is vanjaar se Hansieweek-rugbykampioen na ‘n prag oorwinning in die eindstryd teen Hoërskool Zwartkop van Centurion.

Die finale van die 25ste Mauritz Hansen rugbyweek met die beste spanne in die verskeie ouderdomsgroepe wat mekaar goed opgekeil het, is verlede Saterdag op die A-veld van Hoërskool Hans Strijdom op Mookgophong gespeel.

Die uitslae van die ander top spanne wat mekaar in die finaal gepak het, is as volg:

• Tweedespan: Hoërskool Zwartkop van Centurion teen Hugenote van Springs (eindtelling 23-9).

• o/16: Oos Moot van Pretoria teen Frikkie Meyer van Thabazimbi (eindtelling 30-12).

• o/15 Ben Vorster van Tzaneen teen Oos Moot van Pretoria (eindtelling 41-12).

• o/14 Zwartkop van Centurion teen Pietersburg Hoër( eindtelling 40-5).

Die Will Henry-wisseltrofee vir die skool met die beste spangees en dissipline is deur Northcliff High van Johannesburg opgeraap vir hulle uitmuntende optrede.

 

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version