Soektog vir Limpopo jagter duur voort

'n Bekende beroepsjagter van Marken, Scott van Zyl, is sedert Vrydag vermis. Mense wat geld wil skenk om die soektog te finansier, kan dit doen op die webblad www.gofundme.com.

LIMPOPO – Van Zyl, die pa van ‘n jong seun en dogter en ook eienaar van SS Pro Safaris, het saam ‘n groep buitelandse jagters naby die Chikwaraka-Kamp in Zimbabwe gaan jag. Verlede Vrydagoggend het Van Zyl saam sy honde uitgegaan en nooit terug gekom nie. ‘n Grootskaalse soektog is van stapel gestuur.

Die beroepsjagter Salomé de Villiers van die fondsinsameling Go Fund Me probeer geld insamel om solank as moontlik helikopters te huur en brandstof te kan betaal om na Van Zyl te soek. Die helikopters fynkam albei kante van die grens.

Van die helikopters wat met Van Zyl se soektog help.

Die weermag het die grens gepatrolleer in die hoop om Van Zyl te kry. Volgens De Villiers is Van Zyl se rugsak by die Limpoporivier gevind.

Go Fund Me het pamflette vanuit die helikopters gegooi met ‘n beloning van $5 000 Zimbabwese dollars. De Villiers sê hulle hoop nog vir enige positiewe inligting wat hulle sal lei om Van Zyl te vind.

Gerhard Vos, wat die soekspanne koördineer, sê daar is nog geen nuus nie en die soektog duur voort. “Ons vra fondse om die soektog te finansier. Die soektog gaan meer as R500 000 kos. Van Zyl se vrou, Suré het op Facebook gesê sy bedank ‘n ieder en elk wat sedert Vrydag by die soektog na haar man betrokke is. “Mag God hom veilig hou en al die soekspanne seën.”

Mense wat geld wil skenk om die soektog te finansier, kan dit doen op die webblad www.gofundme.com.

Die publiek kan kol. Sakkie Jooste kontak by 071 798 7954 as hulle enige inligting het wat kan help.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version