Swemmers gee hul beste

Die dorp se top swemmers het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Streekkampioenskappe in die verskeie vlakke meegeding en goed presteer.

MOKPANE – Die vlak drie swemmers het van 23 tot 27 Maart in die Hillcrest swembad in Pretoria deelgeneem en die uitslae was as volg:

Morné van der Bank – 50 m borsslag ‘n vyfde plek, 100 m borsslag ‘n vierde plek, 50 m rugslag ‘n sewende plek. Hy verwerf in die 100 m rugslag ‘n brons medalje en was sesde in die 200 m rugslag en sewende in die 200 m IM.

Bernice Laboff – 50 m borsslag ‘n sesde plek en 100 m borsslag ‘n sewende plek. Sy verwerf ook in die 200 m borsslag ‘n vyfde plek en in die vlinderslag was sy 12de, asook in die 200 m wisselslag.

Die vlak drie swemmers is voor Ruard Nel en in die middel Megan Wolvaardt, Immeré Botha en Ruben Glover. Agter is Morné van der Bank en Awie Hattingh (Afrigter).

Ander items persoonlike beste tye geswem:

Ruben Glover – 200 m vryslag ‘n sewende plek en in die 100 m rugslag ‘n vierde plek. In die 100 m rugslag was hy vyfde en die 200 m rugslag en die wisselsalg agtste.

In die 400m vryslag swem hy ‘n vierde plek los en in die 100 m rugslag ‘n vyfde plek. Hy kom tiende in die 200 m borsslag.

Megan Wolvaardt kom negende in die 50 m rugslag en in die 100 m rugslag sesde.

In die 200 m rugslag was sy vyfde en in die 200 m vryslag en wisselslag behaal sy in beide items ‘n negende plek.

Immerè Botha was 10de in die 400 m vryslag en vierde in die 200 m borsslag. Sy was agtste in die 100 m borsslag asook die 200 m wisselslag.

Ruard Nel het ook sy persoonlike beste tye geswem.

Die SA vlak twee swemmers het van 31 Maart tot 2 April in die Delville swembad in Germiston hulle vernuf gewys en die uitslae was as volg:

Pietie Vogel wen goud in die 100 m borsslag en silwer in die 200 m borslag.

Pietie Vogel het ‘n goue en silwer medalje opgeraap. Foto’s: Helena Kockott

Ander items persoonlike beste tye geswem:

Karla Vogel behaal ‘n agtste plek in die 50 m rugslag en ‘n twaalfde plek in die 200 m rugslag.

Jacobus Botha was 11de in die 200 m rugslag en negende in die 100 m vlinderslag.

Mighael Alberts was 12de in die 50 m rugslag en negende in die100 m rugslag. Hy was agtste in die 200 m rugslag.

Carlia Nel, Jeska Tiersma en Carla Wolvaardt het ook hulle persoonlike beste tye geswem.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version