Reserviste vas vir korrupsie

Twee polisiereserviste verbonde aan die Polokwane polisiestasie sou na verwagting gister (Woensdag) in die Polokwane landdroshof op ‘n aanklag van korrupsie verskyn nadat hulle Dinsdag deur die Limpopo Valke aangekeer is. Valke-woordvoerder, Matimba Maluleke, sê die twee konstabels is onderskeidelik 32 en 40 jaar oud en het na bewering Vrydag ‘n onwettige immigrant in die …

Twee polisiereserviste verbonde aan die Polokwane polisiestasie sou na verwagting gister (Woensdag) in die Polokwane landdroshof op ‘n aanklag van korrupsie verskyn nadat hulle Dinsdag deur die Limpopo Valke aangekeer is.
Valke-woordvoerder, Matimba Maluleke, sê die twee konstabels is onderskeidelik 32 en 40 jaar oud en het na bewering Vrydag ‘n onwettige immigrant in die stad aangekeer en R2 000 omkoopgeld vir haar vryheid geëis.
“Die buitelander het glo haar man geskakel om die geld vir haar in te betaal, maar hy kon slegs R400 stuur. Sy het klaarblyklik die geld onttrek en is vrygelaat op voorwaarde dat sy die uitstaande R1 600
later betaal. Die konstabels het glo haar selfoon en ander persoonlike besitting gekonfiskeer en gehou totdat sy die totale bedrag opgedok het.”
Die voorval is glo aangemeld, ‘n lokval gestel en is hulle gearresteer nadat hulle na bewering R1 600 van ‘n Valke-lid ontvang het.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Exit mobile version