Ongeluk in stad eis man se lewe

‘n Motoris is gister (Woensdag) omstreeks 06:30 noodlottig in ‘n ongeluk op die hoek van Groblerstraat en Munniklaan beseer. Die bestuurder van ‘n wit Volkswagen Polo met ‘n Gauteng-registrasienommer was in Munniklaan in die rigting van Thabo Mbekistraat op pad en het glo ‘n rooi verkeerslig ver­ontagsaam, waarna ‘n wit Opel Corsa-koerierbakkie die Polo, volgens …

‘n Motoris is gister (Woensdag) omstreeks 06:30 noodlottig in ‘n ongeluk op die hoek van Groblerstraat en Munniklaan beseer.
Die bestuurder van ‘n wit Volkswagen Polo met ‘n Gauteng-registrasienommer was in Munniklaan in die rigting van Thabo Mbekistraat op pad en het glo ‘n rooi verkeerslig ver­ontagsaam, waarna ‘n wit Opel Corsa-koerierbakkie die Polo, volgens ‘n ooggetuie, op die bestuurder se deur getref het.
Die ooggetuie sê die bestuurder van die Polo is op die toneel dood, terwyl die bestuurder van die bakkie vermoedelik met borsbeserings deur nooddienswerkers na die Polokwane Provinsiale Hospitaal vervoer is.

Storie & foto: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

Exit mobile version