[LEES] ‘n brief “aan my liefste Engel kat, Chloe…”

Chantelle Watson het in 'n Facebookinskrywing afskeid geneem van haar geliefde kat nadat dié met 'n luggeweer geskiet is.

POLOKWANE -“Ek onthou hoe ek dadelik verlief op jou geraak het toe ek jou foto daardie eerste dag gesien het. Ek was so opgewonde soos ‘n klein dogtertjie toe ek jou gaan ontmoet het. Jy was nog mooier as op die foto. Ek was so dankbaar en bly om vir jou huis te gee waar ek jou net baie liefde en bederfies sou gee. Jy het so vinnig aangepas by ons. So asof jy bedoel was om saam ons te wees. Elke aand as dit donker begin raak was jy reeds in die huis of ek het net jou geroep en jy het dadelik gekom. Jy was altyd net hier naby ons huis, in die tuin of op die muur. Speeltyd elke aand voor ek kamer toe gegaan het is nou kosbare herinneringe. Jy het ons gister middag by die kar kom groet, soos jy elke dag doen na werk. Ek gaan dit so baie mis.
“Elke oggend wag jy reeds by jou kosbak vir my. Vanoggend was jou plekkie leeg. Jou tyd saam ons is gesteel, Deel van my hart vir ewig weg. Dankie vir elke kosbare oomblik saam ons. Ek is so verskriklik jammer dat jy nie nog langer hier kon wees en dat jy so moes sterf.” (sic)

Sy vertel hoe op Vrydag, 31 Maart sy gehoor how Chloe vreeslik miaau. Ek het nie dadelik besef daar is fout nie… ek het gesien hoe haar borskas begin opswel.

Chantel vertel van haar hartseer om haar ‘Engel kat’ se lewe te red in Review Weekend.

Review het ook met Martin Venter van Marlen Industries gesels oor die gebruik van ‘n luggeweer in ‘n woonbuurt en die gevolge wat dit kan inhou.
maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version