Local NewsNews

Winnie steeds ‘n fikse, vietse ouma

Die vriendelike ontvangsdame by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé, Winnie Roux, is nie net ‘n ma en ouma nie, maar ook ‘n kranige atleet wat medaljes inpalm by groot atletiekbyeenkomste.

POLOKWANE – Sy het op 1 April aan die Gauteng Meesters Atletiekbyeenkoms deelgeneem waar sy ‘n goue medalje in beide die 100 m en 200 m wedlope gewen het.

Lees meer: Winnie hardloop hond uit ‘n bos

“Ek het verlede jaar vir die eerste keer deelgeneem en is tot die Noord-Gautengspan verkies wat aan die Suid-Afrikaanse kampieonskappe gaan deelneem het. Hierdie jaar het ek egter besluit om nie aan die Suid-Afrikaanse kampoenskappe deel te neem nie omdat ek baie besig met netbalafrigting is,” verduidelik sy.

Winnie vertel dat sy saam met skoolatlete oefen en dat haar man, Danie, hulle afrig.

“Ek sal volgende jaar weer aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelneem. Om daar deel te neem moet ‘n mens afgerond wees, en ek voel ek het nog eers meer oefening nodig. Ek het ook ‘n seldsame vorm van artritis en het geweldige pyn en ek wil eers kyk of die oefening die pyn vererger.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

 

 

Related Articles

Back to top button