Local NewsNews

Veiligheid van plase geniet tans parlement se aandag

"Agri SA verwelkom debatte oor plaasveiligheid, mits dit konstruktief sal bydra tot die oplossing van plaasgeweld"

“Die gesprekke het weereens die fokus geplaas op die kwesbaarheid van die landbougemeenskap en die mate van geweld waaraan hulle blootgestel word. Agri SA verwerp egter met minagting sekere parlementariĂ«rs se uitsprake, soos in die media gerapporteer, dat boere lewendig begrawe moet word. Hierdie uitsprake dra geensins by tot nasiebou, maar lei tot polarisasie van gemeenskappe”, sĂª Kobus Breytenbach, voorsitter van Agri SA se Landelike Veiligheidskomitee.

Volgens Breytenbach, is dit nou belangrik dat die parlement binne sy parlementĂªre stelsel aandag sal gee aan die skep van ‘n klimaat van verdraagsaamheid en die skep van ‘n begrip by die breĂ«r publiek, dat almal wat by die primĂªre landbou betrokke is, as ‘n bate vir die land beskou moet word. Deur die boerderygemeenskap te beskerm, sal stabiele voedselvoorsiening aan die bevolking verseker word, wat verder noodsaaklik is vir stabiliteit in die land.

Die polisie moet deur die parlement ondersteun word met die toeken van voldoende hulpbronne aan plattelandse polisiestasies om hulle in staat te stel om die Landelike Beveiligingstrategie en Reservistestelsel volledig uit te rol. Hierdie strategieĂ« is omvangryk en kan ‘n daadwerklike bydrae maak om die boerderygemeenskap se bestaande beveiligingsmaatreĂ«ls aan te vul en landelike gebiede veiliger te maak. Dit is verder belangrik dat die polisie op stasievlak die goed ontwikkelde beleid en prosedure effektief implementeer, waardeur sigbare polisiĂ«ring verhoog en die landelike gebied gestabiliseer kan word.

Daar moet daarop gelet word dat die regering hom reeds verbind het tot die prioritisering van die veiligheid van die landelike gebied, waarby ingesluit is die boerderygemeenskap. Die erns van die voortdurende misdaadaanslag in vele vorme op die landelike gemeenskap, asook die hoĂ« voorkoms van veediefstal, het tot gevolg gehad dat die Landelike Beveiligingstrategie geĂ¯mplementeer is as meganisme om landelike misdaad te verminder.

Die parlement het in sy debatte ook verwys na die afgesonderheid waarin die boeregemeenskap woon en werk en dat hulle vĂªr verwyder is van dienssentrums soos die polisiestasie en dat dit een van die redes is hoekom diĂ© gemeenskap so kwesbaar is teen aanvalle. Hierdie situasie kan oorkom word indien verdere hulpbronne aan die polisie beskikbaar gemaak word om die Landelike Beveiligingstrategie te implementeer.

Related Articles

Back to top button