“Boemelaars” in toiings het verlede Donderdag by Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) opgedaag om ‘n skoolsokkie ten bate van behoeftige leerders, asook die skool se netbalspanne by te woon. Graad 6- en 7-leerders het elk R20 betaal om dié sokkie by te woon en die geld word vir die skool se netbalspanne aangewend. Die leerders het ook …
“Boemelaars” in toiings het verlede Donderdag by Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) opgedaag om ‘n skoolsokkie ten bate van behoeftige leerders, asook die skool se netbalspanne by te woon.
Graad 6- en 7-leerders het elk R20 betaal om dié sokkie by te woon en die geld word vir die skool se netbalspanne aangewend.
Die leerders het ook hul harte en beursies oopgemaak en vragte vol niebederfbare produkte saamgebring wat aan die Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereniging, asook behoeftige gesinne met kinders in Oosskool oorhandig sal word.
Netbalorganiseerder en eerstespanafrigter, Ingrid Pelzer, sê die aand was ‘n reuse sukses en die leerders het groot pret gehad terwyl hul ook iets vir die gemeenskap gedoen het.
Storie en foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za