NewsSchools

‘Boemelaars’ help minder bevoorregtes

“Boemelaars” in toiings het verlede Donderdag by Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) opgedaag om ‘n skoolsokkie ten bate van behoeftige leerders, asook die skool se netbalspanne by te woon. Graad 6- en 7-leerders het elk R20 betaal om dié sokkie by te woon en die geld word vir die skool se netbalspanne aangewend. Die leerders het ook …

“Boemelaars” in toiings het verlede Donderdag by Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) opgedaag om ‘n skoolsokkie ten bate van behoeftige leerders, asook die skool se netbalspanne by te woon.
Graad 6- en 7-leerders het elk R20 betaal om dié sokkie by te woon en die geld word vir die skool se netbalspanne aangewend.
Die leerders het ook hul harte en beursies oopgemaak en vragte vol niebederfbare produkte saamgebring wat aan die Polokwa­ne Kinder- en Gesinsorgvereniging, asook behoeftige gesinne met kinders in Oosskool oorhandig sal word.
Netbalorganiseerder en eerstespanafrigter, Ingrid Pelzer, sê die aand was ‘n reuse sukses en die leerders het groot pret gehad terwyl hul ook iets vir die gemeenskap gedoen het.

Storie en foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

Luke Kruger, Hendro de Beer en Dylan Fletcher is bereid om vir geld te werk.
Niebederfbare items is tydens die sokkie ingesamel.
Surika Collins, Mia van Eeden en Shané Jooste.
Met plakkate om die nek probeer Asleigh Smith, Niané Coetzee en Mikayla van Tonder geld insamel.
Larashé Pretorius en Lelanie Pieterse.
Abigail Williams oppad na die boemelaarsokkie.
Oosskool se grasperk is Yohji Brown en Travis Anderson se bedelgronde.
Met die uitdrukking op sy gesig hou Lorenzo Janse van Vuuren ander boemelaars van sy geld af weg.
Mia Terblanche het geld vir “makup” nodig.
Met klere wat al beter dae gesien het, is Bernice van der Linde op soek na haar gesin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button