Top skuts mik vir goud

Die skuts van Hoërskool Piet Potgieter se Luggeweerskietklub het verlede Saterdag verskeie medaljes en sertifikate opgeraap.

MOKPANE – Die skuts van Hoërskool Piet Potgieter se Luggeweerskietklub het verlede Saterdag verskeie medaljes en sertifikate opgeraap tydens die HPP Rhino Skietkompetisie wat tuis gehou is.

Johan du Toit is aangewys as die beste veerskut van die dag.

Die top skuts van HPP, Hoërskool Ben Vorster van Tzaneen, Pietersburg Hoërskool en Marné Ebersohn Akademie van Polokwane, Hoërskool Louis Trichardt en NEOS Christelike Skool Koedoeskop, het mekaar opgekeil vir kolskote.

Die skuts korrel om raak te skiet.

HPP se uitblinkers was:

Wilco Smit, o/16 veerafdeling het twee goue medaljes verower in die lê, staan en knielposisies (3P) en vir sy groottotaal (3P en 10 m staanposisie).

Johan du Toit, o/21 veerafdeling het drie goue medaljes gekry vir die 3P, 10 m staan en vir sy groottotaal. Hy het ook die Rhinotrofee ontvang vir die beste veerskut van die dag.

Simoné Strauss, o/21-veerafdeling het ‘n silwermedalje in die 3P verwerf.

Adrian Hurn, o/14-sporterafdeling – ‘n brons in die 10 m staanposisie.

Jolene de Beer, o/21-sporterafdeling het ‘n brons medalje vir 10 m staanposisie verower.

Lincoln Openshaw, o/14-veerafdeling het goud verwerf in die 3P-afdeling.

MP de Wet, o/14 veerafdeling, het sertifikate in die verskeie posisies ontvang.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version