Marcelle Maritz (Bestuurder van die DBV) sê dat sy baie dankbaar is vir elkeen se bydrae tot 'n goeie saak.
Shaun McGrath en Ivor Potgieter het 'n algehele vierde plek behaal met 46 punte op die uittel. In die middel is Marcelle Maritz.
MOKOPANE – Sowat 60 spelers het verlede Saterdag die gholfstokke geswaai tydens die Percy Fyfe Dierebeskermingsvereniging (DBV) se gholfdagfondsinsameling by die Kameeldoring Gholfklub.
Die uitslae is as volg:
• Langste dryfhou – Erhard Spies
• Naaste aan pen nr. 3 – Kenny Mboyana wat ‘n kolskoot geslaan het
• Eerste plek volgens punte uittel – Ruan Bester en Natalie de Vos met 48 punte
• Tweede volgens punte uittel – Martin Koekemoer en Antony Hawken met 48 punte
• Derde volgens punte uittel – Mauritz Mahne en Erhard Spies met 47 punte
• Vierde volgens punte uittel – Shaun McGrath en Ivor Potgieter met 46 punte