John erelid van DBV

Hy vertel ook hoe hy in sy jonger dae honde gedip en gespuit het met die hulp van een getroue werker.

MOKOPANE – Om met diere te kon werk en goeie huise vir hulle te kry was vir meer as 40 jaar sy passie.

John Amm (85), ‘n inboorling van Mokopane het in 1977 by die Percy Fyfe Dierebeskermingsvereniging aangesluit kort nadat die vereniging sy deure op die dorp oopgemaak het.

Die Percy Fyfe DBV in 1976 toe John Amm daar aangesluit het. Inlas: John Amm (85) is ‘n erelid na jare se diens by die DBV.

Vandag is hy ‘n erelid nadat hy in 2009 aangewys is as ‘n lewenslange lid van die DBV-komitee.

Hy het ‘n sertifikaat vir sy ononderbroke werk en ondersteuning om die lot van diere te verlig. In hierdie tyd was hy ook alreeds vir 33 jaar deel van die vereniging se bestuurspan.

Amm vertel: “Ek is gek oor diere. Dit was so bevredigend om te weet dat ek diere se lewens kon spaar en na hulle kon omsien”.

Hy onthou hoe die DBV in 1977 slegs uit een kantoor bestaan het en tien hondehokke. Dit is tans baie groter.

Al is Amm nou bejaard geniet hy steeds die lewe ten volle en het hy ‘n pragtige Ierse Terrier hond genaamd Murphy, wat elke dag saam met hom die lewe voluit aanpak.

John Amm in 1977 saam met ‘n St. Bernard genaamd Shirak, wat na die DBV gebring is. Foto: Verskaf

“Ek gaan stap gereeld met my hond en sorg dat my bene aan die gang bly,” vertel John.

Dit sal vir hom hartseer wees as die DBV weens geldnood sy deure moet sluit. Amm het boeke vol dierekennis deur die jare versamel en deel die volgende:

Sekere diere kan vir baie jare aan die lewe bly as hulle goed opgepas word:

• Donkie – 40 jaar

• Skaap – 12 jaar

• Vark – 12 tot 15 jaar

• Bees – 9 tot 12 jaar

• Hond – 15 jaar

• Haas – 8 jaar

• Goudvis – 25 jaar.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version