Groot harte met baie liefde

Bosveld het by 'n paar kinders wat Downsindroom het, op Wêreld Downsindroomdag, gaan kuier.

MOKOPANE – Die 21ste Maart was nie net Menseregtedag nie maar ook Wêreld Downsindroomdag.

Die rede waarom Wêreld Downsindroomdag op die 21ste gehou word, is omdat dié sindroom veroorsaak word deur ‘n 21ste chromosoom. ‘n Downsindroomlyer se liggaam bestaan uit 47 chromosome in plaas van 46.

Klub 21 is ‘n nuwe skool op die dorp wat in Januarie sy deure vir Downsindroomlyers oopgemaak het. Amy Platt, ‘n onderwyser van die juniorklas wat vier leerders onderrig, sê sy is bevoorreg om vir hierdie spesiale kinders te kan skoolgee. “Hulle het sulke groot harte en soveel liefde om te gee. Ek is mal oor my werk”.

Zandri Botha (7) geniet kreatiewe aktiwiteite.

Sy vertel sy kan ‘n dieper band met hulle vorm as met leerders van ‘n gewone skool.

Elke leerder het sy of haar eie persoonlikheid en kruip maklik in jou hart in. Hulle speel goed in ‘n span saam, maar dit kan soms moeilik gaan en dan moet sy streng wees.

“‘n Mens wil nie met hulle kwaai wees nie, want hulle is so oulik,” vertel Platt met ‘n glimlag.

Die leerders in haar klas is Zandri Botha, Erwald Schoeman, Charlie Booysen en Danika Botes en hulle is van vyf tot nege jaar oud, maar het die verstandelike vermoë van 4-5 jariges.

Volgens Platt moet Downsindroomlyers presies dieselfde as ‘n normale persoon behandel word. “Om hulle te spot of sleg te sê gaan gelukkig niks aan hulle doen wanneer hulle klein is nie, want hulle sien hulself as normaal en draai hulle rug daarop. Dit pla hulle glad nie”.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version