Krugies kerjakker op netbalbaan, rugbyveld

Die Krugies het sy jaarlikse vriendskaplike mini-rugby en netbaldag gehou

MOKOPANE – Jong sportsterre, hul ouers en toeskouers het verlede Saterdag van heinde en verre gekom om te kom deel in die pret op Laerskool Krugerpark se sportvelde.

Bo: Die Krugies se Carii van Rooyen probeer haar teenstaanders fnuik.

Die Krugies het sy jaarlikse vriendskaplike mini-rugby en netbaldag gehou en daar is vroegoggend met groot opgewondenheid teen mekaar begin speel.

Onder luide applous en die ondersteuning van ouers aan die kant van die veld is die jong spelers aangemoedig om hulle harte uit te speel.

Die is die o/8 netbalspan se senter, Jodene Lottering slinger die bal deur die lug.

Benewens die Krugies het die spelers van Laerskool Julian Muller van Groblersdal, Laerskool Bosveld van Lephalale, Noordskool en Pietersburg Laerskool van Polokwane en Laerskool Eugene Marais en Laerskool Unitas van Mookgophong sake uitgespook.

Brandon Blignaut kry kans om sy slag te wys.

 

Pieter van Antwerpen beur vorentoe met die doellyn in sig.
Bo: Tiffany van Wyk (o/8) is nie ‘n speler wat sommer ‘n bal mis vang nie en maak seker vir wie sy moet uitgooi.
Links: Marizaan Venter se lengte tel in haar guns terwyl sy die bal aan die rol hou.

Laerskool Louis Trichardt en Laerskool Nylstroom van Modimolle se sportspanne was ook daar. Dit was ook die eerste keer dat die Mokopane English Primary School (MEPS) se netbalspelers kom kragte meet het.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version