Bosveld NewsLocal NewsNews

Atlete beloon vir langasem

Die atlete meen dit was 'n goeie voorbereiding vir die moordende Comrades Marathon wat vanjaar weer in Junie gehou word.

MOKOPANE – Die Kosmos 3-in-1 wedloop is op 11 Maart in Secunda gehou en Potties Atletiekklub se atlete was daar om die koue op die langpad te trotseer.

Die wedloop bestaan uit 42,2 km wat al om 06:00 die oggend begin, gevolg deur ‘n 21,1 km die middag en daarna om 17:00 ‘n 10 km wedloop. Die verskillende tye waarop dit gehou word, laat die brawe atlete toe om sommer aan al drie wedlope deel te neem.

Elke deelnemer wat die 3-in-1 voltooi het, het so ‘n spogtrofee ontvang. Foto: Verskaf

Daar is egter afsnypunte so ‘n mens het ook nie die hele dag tyd om die wedlope te voltooi nie, maar sou jy al drie aanpak het jy ‘n hele 73,3 km afgelê soos die ses atlete van die Potties Atletiekklub.

Elmarie Badenhorst van die klub het die 42,2 km wedloop suksesvol voltooi om te kwalifiseer vir die Comrades.

Die Potties atlete se uitslae was as volg:

3-in-1 73,3km:

• Annemari Kruger met ‘n tyd van 07:31.

• Aubrey Baloyi met ‘n tyd van 07:56.

• Sarie Coetzee met ‘n tyd van 08:20.

• Khatija Essack met ‘n totale tyd van 08:53.

• Andrea Ferreira met ‘n tyd van 09:44.

42,2km:

• Elmarie Badenhorst met ‘n tyd van 04:18.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button